Iran se kameras gebruik om hijab-wet af te dwing

Iran sal volgens internasionale nuusagentskappe sy pogings verskerp om nakoming van wette in verband met die dra van die hijab in die openbaar te verseker. Dit is onwettig vir vroue in daardie land om nie hulle koppe te bedek in die publiek nie. Die regering sal kameras aanbring met biometriese stelsels en sou ‘n vrou gewaar word waar sy die wet oortree, sal sy deur middel van ‘n SMS-boodskap ‘n waarskuwing ontvang. Die kwessie van die hijab was onlangs in die nuus na die dood van Mahsa Amini in polisieaanhouding verlede jaar. Sy is gearresteer omdat sy nie die hijab korrek gedra het nie. Dit het tot wydverspreide protesaksie gelei.