Iran se elite Wag verbied kommunikasietoestelle, ondersoek lede

Iran se elite Revolusionêre Wag het alle lede beveel om op te hou om enige soort kommunikasietoestelle te gebruik na die onlangse aanvalle op sy Hezbollah-bondgenote in Libanon. Een van die sekuriteitsbeamptes sê dat ‘n grootskaalse operasie deur die Wag aan die gang is om alle toestelle te inspekteer, nie net kommunikasietoerusting nie. Hy sê die meeste van hierdie toestelle is óf tuisgemaak óf ingevoer uit China en Rusland. Iran het kommer oor infiltrasie deur Israeliese agente, insluitend Iraniërs op Israel se betaalstaat en ‘n deeglike ondersoek van personeel het reeds begin.