Iran sê aanval op Israel was nodig

Die ambassadeur van Iran by die Verenigde Nasies, Amir Saeed Iravani, sê sy land se missielaanvalle was noodsaaklik en ‘n gelykmatige reaksie op Israel se voortdurende aggressiewe terreurdade. Iran het Dinsdagaand ‘n hoëspoed-missielaanval op Israel uitgevoer. Dit was Teheran se grootste aanval ooit op sy streeksvyand. Iravani het aan die VN-Veiligheidsraad gesê Israel moet onmiddellik sy gewelddadige optrede teen Gaza en Libanon staak om verdere optrede te voorkom: