Iran sal wraak neem vir Khodai
Iran sal die dood van die Revolusionêre Wagte se kolonel Sayad Khodai, nie vergeet nie en sal wraak neem. Dit is volgens President Ebrahim Raisi. Khodai is vanoggend in ‘n sluipmoordaanval in sy motor in Teheran doodgeskiet. Raisi sê veiligheidsmagte sal ondersoek instel. Die land blameer intelligensie operateurs van Israel vir die aanval en het twee vermeende agente van daardie land vroeër in hegtenis geneem.