Iran sal tweede ronde presidensiële verkiesing hou

‘n Reformistiese kandidaat het Vrydag die meeste stemme in die eerste ronde van Iran se presidensiële verkiesing behaal. Masoud Pezeshkian en die ultra-konserwatiewe voormalige kernkrag-onderhandelaar, Saeed Jalili, kom komende Vrydag in ‘n volgende ronde teen mekaar te staan. Daar word berig die verkiesing het die laagste stempersentasie getoon sedert die Islamitiese Republiek in 1979 tot stand gekom het. Van die 60 miljoen stemgeregtigdes het slegs 24 miljoen gestem – ‘n stempersentasie van 40. Die blitsverkiesing is gehou na die Iranse president Ebrahim Raisi verlede maand in ‘n helikopterongeluk gesterf het.