Iran sal aanval in Sirië vergeld

Iran onderneem om wraak te neem na die lugaanval Maandagaand in Damaskus waarin sewe militêre amptenare dood is. Die aanval op die Iranse konsulaat in die Siriese hoofstad word aan Israel toegeskryf. Teheran het sedert die begin van die oorlog in Gaza direkte konflik met Israel vermy maar steun sy bondgenote wat Israeliese en Amerikaanse teikens aanval. ‘n Senior Israeliese regeringsamptenaar het aan Reuters gesê die teikens, lede van Iran se Revolusionêre Wag, was die dryfveer agter verskeie aanvalle op Israeliese en Amerikaanse teikens.