Iran rou vir 3 dae oor Hamas-leier se dood
Iran het drie dae van rou afgekondig na die dood van die Hamas-leier, Ismail Haniyeh, in ‘n sluipmoordaanval in Teheran waarvan die aartsvyand, Israel, beskuldig word. Rusland het die moord veroordeel en waarsku dit kan lei tot ‘n nuwe toename in geweld in die Midde-Ooste. Die Turkse president, Recep Tayyip Erdogan, het verwys na die verraderlike sluipmoord op sy nabye bondgenoot en broer. Amerika, die Europese Unie en Israel beskou Hamas as ‘n terroriste-organisasie, maar Erdogan beskryf dit as ’n bevrydingsbeweging.