Iran ontken betrokkenheid by Jordanië-aanval

Iran sê hy was nie betrokke by die hommeltuig-aanval in Jordanië waarin drie Amerikaanse militêre personeel dood en tientalle gewond is nie. Die Amerikaanse president, Joe Biden, en die Britse minister van Buitelandse Sake, David Cameron, het groepe wat deur Iran gesteun word, die skuld gegee. Iran se woordvoerder van Buitelandse Sake, Nasser Kanaani, sê hulle het niks daarmee te doen gehad nie. Die Iran-gesteunde Islamic Resistance in Iraq het egter aanspreeklikheid aanvaar.