Iran maan EU om nie sy Rewolusionêre Magte op terreurlys te plaas
Iran het die Europese Unie gewaarsku om nie sy Rewolusionêre Wagte op sy terreurlys te plaas nie. Iran sê hy het al talle kere beklemtoon dat sy magtige Islamitiese korps ‘n amptelike en soewereine organisasie is, wat Iran se veiligheid beskerm. Die Europese Parlement het die EU gevra om die Rewolusionêre Wag as ‘n terreur-organisasie te erken, oor die onderdrukking van teen-regeringsbetogers in Iran die afgelope maande, en die hommeltuie wat hy aan Russiese magte in Oekraïne verskaf. Die Europese Parlement bestempel Iran se veiligheidsmagte as gewelddadige onderdrukkers. Iran sê die EU kan teenmaatreëls verwag indien hy die voorstel aanvaar.