Iran kondig verkiesing aan
Iran se staatsmedia sê ʼn presidensiële verkiesing sal op 28 Junie gehou word ná die dood van die land se president, Ebrahim Raisi. Hy is in ʼn bergagtige gebied in die noordweste van Iran in ʼn helikopterongeluk dood. Die minister van Buitelandse Sake, Hossein Amir-Abdollahian, en sewe ander het ook omgekom. Iran se hoofleier, Ayatollah Ali Khamenei, het vyf dae van rou afgekondig. Kenners glo die verkiesing sal waarskynlik oorhaastig gereël word met min kiesers wat deelneem.