Iran het VSA vir hulp met Raisi-ongeluk gevra
Die Verenigde State sê hy kon nie, hoofsaaklik weens logistieke redes, ‘n Iranse versoek vir bystand aanvaar ná die dodelike helikopterongeluk nie. Die seldsame versoek van Iran, wat die Verenigde State en Israel as sy vernaamste teëstanders beskou, is deur die Staatsdepartement tydens ‘n nuuskonferensie bekend gemaak. Iran het blykbaar om hulp gevra vra, maar Matthew Miller van die departement van buitelandse sake sê dit was op daardie tydstip, ween logistieke redes, onmoontlik. Talle lande, wat ook die EU insluit, het hand bygesit tydens die soektog.