Iran het meeste doodsvonnisse in 2023 voltrek

Altesaam 1 153 mense in 16 lande se doodsvonnisse is in 2023 voltrek, wat meer as 30-persent hoër is as in 2022. Dit is volgens Amnestie Internasionaal se jaarlikse verslag. Hiervan is 74-persent net in Iran uitgevoer en 15-persent in Saoedi-Arabië. In Belarus, Japan, Mianmar en Suid-Soedan is geen doodsvonnisse voltrek nie. Amnestie Internasionaal sê Iranse owerhede toon geen respek vir menselewens nie en mense kry doodvonnisse vir dwelmverwante oortredings. Hy sê dit beklemtoon die diskriminerende uitwerking wat die doodsvonnis op Iran se mees gemarginaliseerde gemeenskappe het.