Iran bied hulp aan met olie-ontwikkeling, voedselsekerheid
Iran, die wêreld se vierde-grootste olieprodusent, het Namibië hulp aangebied met die ontwikkeling van sy onlangse olie- en gasontdekkings. Iran se ambassadeur, Seyed Ali Sharifi Sadati, het president Nangolo Mbumba besoek en sê hulle kan ook van hulp wees met onder andere voedselsekerheid. Sadati het verdere areas van samewerking in onderwys en opleiding, landbou en waterbewaring uitgelig. Hy sê dit sal Namibië help om die gevolge van aanhoudende droogte te versag. Volgens Mbumba sal Namibië hulp nodig hê met waterbewaring, veral in die noordelike streke, waar vloede gereeld ervaar word. Sadati voeg by dat Iran se sewentien landbousentrums hulpbronne na Namibië kan stuur om voedselsekerheid te bewerkstellig.