Irakse regering keur enorme begroting goed

Die Irakse regering het sy goedkeuring gegee vir ‘n massiewe begroting van altesaam 2,8 duisend miljard Namibiese dollar, wat oor ‘n tydperk van drie jaar sal strek, van 2023 tot 2025. Dit is die grootste in die land se geskiedenis. Die adjunk-speaker van die Irakse raad van verteenwoordigers, Shakhwan Abdullah Ahmed, sê een van die primêre doelwitte is om tien-duisende werksgeleenthede in die openbare sektor te genereer, wat sal bydra tot ekonomiese groei en bestendigheid. Ahmed beklemtoon die belangrikheid van die beveiliging van basiese dienste, die rehabilitasie van infrastruktuur en die heropbou van gebiede wat deur konflik geraak word.