Irak veroordeel ook aanvalle in sy gebied

Irak het sy stem bygevoeg en veroordeel ook aanvalle deur die VSA en Brittanje. Aanvalle op teikens by instellings oral in Sirië en Irak, as deel van vergeldingsaanvalle na die dood van drie Amerkaanse soldate in Jordanië, het na wat berig word 40 mense gedood. The Independent berig Irak het die aanvalle as nuwe aggressie teen sy soewereiniteit veroordeel. Irak waarsku die aanvalle sal slegs spanning in die streek verhoog waar daar reeds soveel op die spel is. Dit kom na Iran die aanvalle as ‘n strategiese fout beskryf het.