IPPR: Skuiwergat in vergrygingsproses

Volgens ‘n navorser van die Instituut vir Openbare Beleidsnavorsing bestaan ‘n beduidende skuiwergat in Namibië se verkrygingsproses. Frederico Links het daarop gewys dat hoewel die wet voorsiening maak vir die swartlys van bieërs of verskaffers, dit nie van toepassing is op die eienaars van maatskappye wat op die swartlys is nie. Dit beteken die eienaars van hierdie maatskappye kan steeds voordeel trek uit staatskontrakte deur bloot ‘n nuwe maatskappy te stig. Links het met Kosmos 94.1 Nuus gesels…