Ipinge praat oor sy oorloop terug na Swapo

Die voormalige Walvisbaai raadslid vir die stedelike kiesafdeling, Knowledge Ipinge, het die naweek weer by Swapo aangesluit. Die Affirmative Repositioning-beweging, wat hom as streeksvoorsitter vir Erongo aangestel het, het dit as verraad beskryf. Kosmos 94.1 Nuus het met Ipinge gepraat. Hy sê sy besluit handel oor ideologie.