Ipinge bring tolpad-gesprek terug

Die Padfondsadministrasie het ‘n beroep op beleidmakers gedoen om die implementering van ‘n tolstelsel te oorweeg om sy huidige finansieringsgaping aan te spreek. Sy uitvoerende hoof, Ali Ipinge, het ook onlangs die beroep gedoen maar, dit later laat vaar. Hy sê nou die administrasie sal binnekort ‘n tekort ervaar wat hom in staat sal stel om slegs 60 persent van die vereiste instandhouding oor die volgende vyf jaar te finansier. ’n Uitvoerbaarheidstudie wat deur hom gedoen is, het 21 paaie geïdentifiseer wat moontlik tolpaaie kan word, wat 5,8 miljard Namibiese dollar se inkomste kan genereer.