iPhone12 word opgegradeer in Frankryk – bestraling ‘n kwessie
Apple het aangekondig hy gaan sy iPhone 12 in Frankryk opgradeer weens vrese oor bestraling. Verkope van die iPhone 12 is gestop na ‘n reguleerder te veel elektromagnetiese straling opgespoor het. Die minister van Digitale sake in Frankryk, Jean-Noel Barrot, sê Apple gaan in die volgende paar dae ‘n sagteware opgradering vir gebruikers verskaf. Apple het egter gesê daar is nie enige gevaar vir die publiek se gesondheid nie. Hy sê die straling hou verband met ‘n spesifieke toetsprotokol wat Franse reguleerders gebruik en dit hou nie ‘n veiligheidsgevaar in nie.