IPC vra samewerking van partye in Stad Windhoek  

Die Independent Patriot for Change het ‘n brief aan politieke partye geskryf in ‘n poging om gemeenskaplike gronde te vind en saam te werk om ‘n bestuurskomitee vir Stad Windhoek saam te stel. Verlede week het Stad Windhoek ‘n dringende raadsvergadering gehou om die burgemeester te verkies en lede van die bestuurskomitee aan te stel. Die IPC stel in hul brief voor dat, aangesien die burgemeestersposte reeds deur Nudo en Swapo gevul is, die oorblywende vyf poste tussen alle partye wat op raadsvlak verteenwoordig word, verdeel word, naamlik die AR, LPM, IPC, Swapo en PDM. Manuel Ngaringombe, sekretaris-generaal van die PDM, sê aan Kosmos 94.1 Nuus alhoewel die brief goeie bedoelings het, is hy bekommerd oor hoe mede-politici geleenthede misbruik.