IPC sê hy werk vooruit, werk saam met owerhede oor uitdagings

Die Eerste Nasionale Raad van Patriotte van die Independent Patriots of Change-party het oor die naweek sy vergadering in die hoofstad gehou. Die burgemeester van Walvisbaai, Trevino Forbes, is ingehuldig as die party se adjunk-president en dr. Panduleni Itula is bevestig as die party se presidensiële kandidaat vir die 2024-verkiesing. Die party het reeds sy 2024-verkiesingsveldtog op 18 Maart vanjaar van stapel gestuur en Kosmos 94.1 Nuus het die party se woordvoerder, Imms Nashinge gepraat oor wat volgende op die agenda is.