IPC sal verkryging-korrupsie hokslaan, sê Itula

Die president van die IPC, dr. Panduleni Itula, het aan ‘n onderhoud op X-Spaces deelgeneem met die bekende Namibiese menseregte prokereur, Fillemon Shikomba, wat in die buiteland woon. X-gebruikers kon hul vrae aan Itula rig. Een van die vrae was wat gaan Itula doen aan suspisieuse en onwettige verkrygings in die land. Itula sê sy party sal korrupsie probeer hokslaan.