IPC reageer op ‘vermiste’ werkloosheidsyfers
Die uitlating van indiensneming en werkloosheidsyfers in die sensusverslag wat Woensdag bekend gemaak is, lok steeds reaksie uit. Affirmative Repositioning-leier Job Amupanda sê die Namibiese Statistieke-agentskap is opdrag gegee is die data te weerhou tot na die verkiesings. Politieke partye haal nou Amupanda se bewerings aan in verklarings oor die kwessie. Kosmos 94.1 Nuus het gesels met Imms Nashinge, die woordvoerder van die IPC, wat sê die syfers is doelbewus uitgelaat.
Die agentskap sê dat die Arbeidsmag-tematiese verslag eers op 29 Januarie vrygestel sal word, aangesien alle tematiese verslae afsonderlik vrygestel word.