IPC-leier geskok oor armoede in Kavango-Wes

Die leier van die Indepent Patriots for Change dr Panduleni Itula, bied tans die #Tree2Tree-veldtog in die Kavango-Wes-streek aan. Itula sê dit is tyd om los te breek van die kettings van armoede en die landelike ekonomie op te hef. Hy sê die situasie wat hy in Kavango-Wes gesien het, moet nie toegelaat word om voort te gaan nie en die waardigheid van Namibiërs moet herstel word. Dr. Itula sê dit is hartseer om te sien dat die gemeenskappe langs die rivier gebuk moet gaan onder ‘n gebrek aan water-infrastruktuur en werkloosheid.