IPC het boodskap vir land na skreiende brief vals bewys is

Die brief deur die sogenaamde Britse LP Carah Champion aan Lord David Cameron oor die IPC is as vals bewys. Dit kom na Kosmos 94.1 Nuus die brief aan Namibia Fact Check gestuur het, wat bevestig het dit is nie eg nie. Daar is in die brief erge insinuasies oor die IPC gemaak in verband met die ontluikende olie-industrie. Reaksie op die debakel is ontvang van die IPC se adjunk-president, Trevino Forbes.