IPC eis dokumente oor Ren-Form se aanstelling

Die aanstelling van Ren-Form deur die Namibiese Verkiesingskommissie om stembriewe vir die verkiesing te verskaf maak steeds opslae. Die IPC sê in ‘n verklaring hy veroordeel die aanstelling ten sterkste en eis volle openbare bekendmaking van alle dokumente wat verband hou met Ren-Form se aanstelling. Die party doen ‘n beroep op die teenkorrupsiekommissie en die media om die kwessie te ondersoek. Hy sê die aanstelling sal openbare vertroue in die verkiesingsproses aansienlik beïnvloed, omdat die maatskappy deur die Zimbabwiese teenkorrupsiekommissie ondersoek word vir beweerde korrupsie van meer as 1,7 miljard Namibiese dollar.