IPC dreig met hof in regsbrief aan ECN
Die regsfirma Conradie Incorporated van Dirk Conradie het ‘n klag by die Verkiesingskommissie ingedien oor die tekort aan stembriewe tydens Woensdag se stemdag. Conradie is deur dr. Panduleni Itula aangestel om die klag te maak en sê hy sal die hof nader. In die brief sê Conradie dat die kommissie die grondwetlike reg van kiesers geskend het en geen senior verkiesingsamptenaar was per telefoon bereikbaar nie. Hy sê navrae oor waar die ekstra stembriewe was is ook nie beantwoord nie. Die aksies van die kommissie word as onwettig beskryf.