IPC-burgemeester van Swakopmund is kandidaat vir tussenverkiesing

Die huidige burgemeester van Swakopmund, Louisa Kativa, is verkies as die Independent Patriots for Change se kandidaat vir die komende tussenverkiesing van die Swakopmund- kiesafdeling. Kativa is die eerste lid van die IPC wat ooit in ‘n burgemeesterspos in Swakopmund gedien het. Sy het die gemeenskap verseker dat sy hard sal werk om in die gemeenskap se behoeftes te voorsien.