Inwoners van Wagdaar 41 op Swakop kry eienaar-sertifikate

Van Swakopmund se inwoners van informele nedersettings sal nou ordentlike behuising kan besit aangesien die munisipaliteit ‘n proses begin het waardeur grondeienaarskap aan hulle toegeken sal word. Die laekoste-behuisingsprojek vir inwoners van die informele nedersettings van DRC Proper en DRC Wagdaar is vanjaar begin. Die Swakopmund-munisipaliteit sal vanmiddag om drie-uur by die Veeldoelige Sentrum ‘n ondertekeningseremonie van eienaar-sertifikate hou vir die inwoners van Wagdaar se uitbreiding 41. Linda Mupupa, die skakelbeampte van Swakopmund het met Kosmos 94.1 News gesels…