Inwoners van Switserse dorpie moet ontruim
Inwoners van die dorp Brienz in Switserland het opdrag gekry om die dorp teen Vrydag te ontruim. Die waarskuwing is uitgereik nadat dit aan die lig gekom het dat ‘n rotsblok teen die berg moontlik kan loskom en op die dorp met sy 70 inwoners kan val. Die waarskuwing het nie as ‘n skok vir die inwoners gekom nie, omdat die gebied ‘n geruime tyd gelede reeks as geologiese risikogebied verklaar is. Volgens die jongste risiko-ontleding moet bewegings in die dorp tot die minimum beperk word.