Inwoners optimisties oor GNU in buurland

‘n Ipsos-opname toon die land se inwoners is optimisties oor die regering van nasionale eenheid, wat vandag sy 100ste dag amptelik vier. Volgens die opnames glo 40 persent die land beweeg in die regte rigting, die hoogste getal sedert Mei 2020. Die opname toon verder dat 150 dae sonder beurtkrag en ‘n onlangse rentekoersverlaging, mense meer positief laat voel. Kommer oor werkloosheid, misdaad en korrupsie is egter steeds dringende kwessies.