Invoerverbod vir Spaanse pluimveeprodukte gelig
Die direktoraat van veeartseny in die landbouministerie het die hervatting van invoer en in-transit vervoer van lewende pluimvee, voëls, rou en ongekookte pluimvee-produkte, lewende volstruise en rou volstruis-produkte vanaf Spanje aangekondig. Die invoerverbod van pluimvee en hul produkte vanaf Spanje het op 14 Desember in werking getree weens die uitbreking van voëlgriep in die land. Spanje is egter sedert 11 Maart vry van voëlgriep verklaar en slegs voëls wat op of na 14 April uitgebroei het en hul produkte mag na Namibië ingevoer word.