Invoer-beperkings raak voedselsekerheid

Groen skemas moet beter benut word omdat hulle kan staatmaak op besproeiing maar meeste onderpresteer. Die Namibiese Akkerbouraad sê die land kan, met voldoende reën, 45 persent van sy graan-gewasse voorsien. Kosmos 94.1 Nuus het met die bekende landbou-ekonoom, dr. Kobus Laubscher gepraat wat sê dit is goeie nuus maar die regering moet beter te werk gaan om voedsel sekerheid te verseker, veral met invoer-beperkings.