Intra-Afrika toerisme in die kollig

Namibië is tans gasheer vir ‘n groep van 21 Ghanese toeriste vir die “November in Namibië” Toerisme en Besigheid loods-inisiatief, wat daarop gemik is om die Namibiese toerismebedryf in die konteks en gees van die Afrika Kontinentale Vryhandelsgebied te bou. Dit is ook deel van die implementering van die Memorandum van Verstandhouding oor Toerisme tussen Namibië en Ghana, wat in 2022 in Accra onderteken is. Kosmos 94.1 Nuus het met Gitta Paetzold van die Namibiese Gasvryheidsvereniging gesels oor die belang van hierdie besoek, asook intra-Afrika toerisme.