Intra-Afrika maritieme handel versterk

Die Afrika-Vryhandelsgebied-sekretariaat en die Maritieme-organisasie van Wes- en Sentraal-Afrika het met bilaterale samesprekings begin om intra-Afrika-handel deur middel van maritieme en ander vervoermetodes te versterk. Albei organisasies het ingestem om handelsbelange op die vasteland te bevorder. Die organisasie se sekretaris-generaal, Paul Adalikwu, het hul verbintenis tot ‘n veilige en omgewingsvriendelike maritieme sektor bevestig wat die beweging van grondstowwe, landbouprodukte en voltooide goedere binne en buite die vasteland ondersteun.