Intra-Afrika handel lyk goed, maar na watter lande?

Reaksie word ontvang op die nuus dat Namibië se bydrae tot totale intra-Afrika handel verlede jaar tot 6,26 persent toegeneem het, vanaf 5,94 persent in 2022. Dit is volgens die 2023 Afreximbank Handelsverslag. Die verbetering het Namibië ‘n plek onder die top-tien lande in intra-vasteland handel verseker. Namibië se uitvoere na ander Afrika-lande het verlede jaar meer as 56 miljard Namibiese dollar bereik, vergeleke met die 41 miljard dollar wat in 2022 uitgevoer is. Plaaslike ekonoom Gabriel Erastus vra of dit uitvoere binne die Suider-Afrikaanse Doeane-unie is. As dit nie is nie, is dit wel ‘n groot prestasie.