Interpol sê internasionale sindikaat was in Windhoek gesetel

Interpol sê hy het ‘n gesofistikeerde multinasionale bedrogspulnetwerk in Namibië afgebreek. Operation First Light, wat phishing, beleggingsbedrog, vals aanlyn inkopiewebwerwe, en romanse en nabootsing teiken, het die vermeende netwerk wat vanuit Namibië se hoofstad, Windhoek, bedryf word, in die wiele gery. Wêreldwyd is 3 950 mense aangekeer, met 14 643 verdere vermeende verdagtes wat geïdentifiseer is. Die operasie het 6 745 bankrekeninge gevries en beslag gelê op bates ter waarde van 257 miljoen Amerikaanse dollar. Plaaslik is 88 plaaslike jeugdiges wat glo gedwing is om swendelary te pleeg, gered tydens ‘n klopjag in Oktober verlede jaar en daar is beslag gelê op 163 rekenaars en 350 selfone. Die 12 van die 15 verdagtes is uit op 50 000 Namibiese dollar se borg en die saak tot 17 September uitgestel.