Internskappe belangrik vir werkskepping in Namibië – ekonoom

Namibië is een van die lande in die wêreld wat ‘n groot aantal gegradueerdes het wat werkloos is. Dit kan wees as gevolg van die feit dat hierdie gegradueerdes, soveel as diegene wat oor die nodige kwalifikasies beskik, nie oor die vereiste ondervinding beskik om die arbeidsmark te betree nie. Ekonoom Jason Kasuto deel met Kosmos 94.1 Nuus sy mening waarom maatskappye en die regering nie internskappe aanbied vir hierdie jongmense om die broodnodige ervaring op te doen nie.