Internetonderbrekings toon Afrika is nie gereed vir digitale ekonomie nie

Internetonderbrekings regoor die vasteland as gevolg van veelvuldige ondersese kabelfoute wys presies hoe onseker Afrika se verbinding aan die digitale ekonomie werklik is. In Februarie is drie kritieke kabels – AAE-1, EIG en SEACOM – wat Afrika se ooskus met Europa verbind, ontwrig, na bewering weens Houthi-sabotasie. Toe, op 14 Maart, is vier van die vyf weskuskabels – SAT3, WACS, ACE en MainOne – blykbaar deur ‘n onderwater rotsstorting naby Ivoorkus beskadig. Hierdie ontwikkelings lê Afrika se algemene gebrek aan kapasiteit bloot meen kenners.