Internasionale hof sê Vrydag oor Israel se besetting
Die Internasionale Geregshof sal Vrydag sy mening oor die regsgevolge van Israel se besetting van Palestynse gebiede sedert 1967 uiteensit. Meer as 50 lande het voorleggings oor die saak gedoen. Waarnemers sê hoewel die hof se mening nie bindend is nie, volg dit te midde van toenemende internasionale druk op Israel oor die oorlog in Gaza, wat gevolg het op Hamas se aanvalle op 7 Oktober. Die saak is afsonderlik van die een wat Suid-Afrika teen Israel ingedien het vir beweerde volksmoord tydens sy offensief in Gaza.