Internasionale Dag vir Persone met Gestremdhede vandag herdenk

Dit is vandag Internasionale Dag vir Persone met Gestremdhede. Die doel is om beter begrip vir gestremdheidskwessies te bevorder en ondersteuning aan te moedig vir die waardigheid, regte en welsyn van persone met gestremdheid. Sowat 15 persent van die wêreldbevolking leef met een of ander gebrek. Die Verenigde Nasies se sekretaris-generaal, António Guterres, sê die insluiting van gestremdheid is ‘n noodsaaklike voorwaarde vir die handhawing van menseregte, volhoubare ontwikkeling, vrede en veiligheid.