Internasionale Dag vir Persone met Gestremdhede ook in Namibië herdenk

Dit is vandag Internasionale Dag vir Persone met Gestremdhede en dit is ook in Namibië in verskeie streke herdenk. Die doel is om beter begrip vir gestremdheidskwessies te bevorder en ondersteuning aan te moedig vir die waardigheid, regte en welsyn van persone met gestremdheid. Sowat 15 persent van die wêreldbevolking leef met een of ander gebrek. Die Verenigde Nasies se sekretaris-generaal, António Guterres, sê die insluiting van gestremdheid is ‘n noodsaaklike voorwaarde vir die handhawing van menseregte, volhoubare ontwikkeling, vrede en veiligheid. Die nasionale voorsitter vir die Federasie van mense wat met gestremdhede leef, Daniel Trum, vertel aan Kosmos 94.1 Nuus hoe Namibië die dag gevier het.