Internasionale betrekkinge kies duurste bod vir verversings

Die Namibiese ministerie van internasionale betrekkinge het volgens wat berig word, ‘n tender vir verversings toegeken aan die bieër wat die duurste gekwoteer het maar, ook die enigste een wat die bepalings nagekom het. Die tender, wat op 9 Desember verlede jaar gesluit het, is eers op 22 November gelys en vra vir koffie, tee, cappuccino, melk, water, koekies, gemmerbier, Coca-Cola, Fanta, grondboontjies, heuning, pepermentlekkers, sneesdoekies en meer. Kaptau Investments het 136 341 Namibiese dollar gekwoteer en het die tender ontvang. Die ander vyf maatskappye, wat gediskwalifiseer is het tussen 89 000 en 107 000 dollar gevra. Die toekenning van die tender het wenkbroue laat rys omdat die ministerie dit eenvoudig weer kon adverteer.