Intern-dokters in Gauteng word nie betaal nie

Die DA in Gauteng sê dit is werklik betreurenswaardig dat tien intern-dokters van die Chris Hani Baragwanath-hospitaal moet ly, omdat hulle nog nie vanjaar betaal is nie. Hulle werk tydens 12-uur-skofte is van onskatbare waarde, maar sommige van hulle ly honger en het nie geld vir vervoer nie. Jack Bloom van die DA sê senior dokters van die hospitaal het nou tussenbeide getree en help uit hul eie sakke: