Interessante stryd tussen Bulle en Haaie met Bokke terug
Interessante tweestryde word verwag wanneer die Bulle en die Haaie môremiddag in Pretoria in die Verenigde Rugbykampioenskap teen mekaar te staan kom, met albei spanne se Springbokke terug. Die heelagter van die tuisspan, Willie le Roux, word geweeg teen Aphelele Fassi van die Haaie, wat in 2021 drie toetse vir Haaie gespeel het. In die middelveld speel twee nasionale spelers, Canan Moodie en Lukhanyo Am, nou vir verskillende spanne en op vleuel sal Kurt-Lee Arendse en Makazole Mapimpi sake uitspook. Afskop op Loftus is om drie-uur.