Intercape gaan polisieminister dagvaar

Die langafstand-busoperateur, Intercape, sê hy het nou geen ander keuse as om die Suid-Afrikaanse minister van polisie, Bheki Cele te dagvaar vir sy versuim om sy busse teen gewelddadige aanvalle te beskerm nie. Die busdiens, wat ook dienste tussen Namibië en Suid-Afrika lewer, sê dinge ruk nou hand-uit met sy besigheid wat hewige skade ly weens die aanvalle. Kosmos 94.1 Nuus se korrespondent in die Moederstad, Fritz Platt, deel meer…