Intense gevegte aan buitewyke van Hama, Sirië

Siriese president Bashar al-Assad se magte is glo in hewige gevegte gewikkel met rebelle aan die buitewyke van die groot stad Hama, suid van Aleppo. Die weermag het glo verskeie dorpe herower in ‘n teenaanval gerugsteun deur intense lugaanvalle. Siriese staatsmedia sê troepe het die rebelle noord van die stad teruggestoot, maar die rebelle ontken dat hulle enige grond daar verloor het. Die staatsbeheerde Sana-nuusagentskap en die Siriese Observatorium vir Menseregte, ‘n VK-gebaseerde moniteringsgroep, berig albei oor intense gevegte rondom Jabal Zain al-Abadin, ‘n heuwel sowat 5km noordoos van Hama.