Intelligense fnuik renoster-stroop, 4 vas

Die Namibiese polisie het daarin geslaag om die beplande stroop van ‘n renoster te verhoed deur middel van ‘n intelligensie aangedrewe operasie. Volgens die mag het die sogenaamde Blue-taakmag, lede van Nampol in Windhoek sowel as reserviste, saamgewerk om vier lede van ‘n sindikaat naby Dordabis vas te trek. Die vier, afkomstig van Katima Mulilo, is voorgekeer en twee jaggewere, ‘n klankdemper sonder ‘n registrasienommer, ‘n pistool, ammunisie, ‘n byl en messe gekonfiskeer. Die vier se voertuig is ook op beslag gelê. Die vier verdagtes waarvan drie Namibies is en een afkomstig is van Zambië sal môre in die Windhoek-landdroshof verskyn.