Instituut eis wetsontwerp op klimaatsverandering moet geskrap word

Die Suid-Afrikaanse Instituut vir Rasseverhoudinge het gevra vir die skrapping van die Wetsontwerp op Klimaatsverandering en sê die uitgangspunt van die wetsontwerp is wetenskaplik onwaar. Die instituut het hul saak aanlyn gestel voor die parlement se portefeuljekomitee oor bosbou, visserye en die omgewing. Andrew Kenny van die instituut voer aan die styging in koolstofdioksied-vlakke, hou geen noemenswaardige gevaar vir die menslike samelewing of die planeet in nie.