Instandhoudingswerk veroorsaak onderbrekings in Windhoek

Die Stad Windhoek kondig beplande instandhoudingswerk aan wat inwoners in twee areas tydelik gaan beïnvloed. Daar sal ‘n watertoevoer-onderbreking wees in Wanaheda vandag vanaf agt-uur die oggend tot half-vyf die middag. Die Elisenheim leefstyl-gebied kom Donderdag aan die beurt met ‘n geskeduleerde krag-onderbreking vanaf agt-uur die oggend tot een-uur, weens werk wat aan die Nubuamis verspreidingstasie gedoen sal word. Inwoners sal op hoogte van sake gehou word deur die amptelike kanale.